| |||||
Ander Brasiliaanse state | |||||
Hoofstad | Rio de Janeiro | ||||
Grootste stad | Rio de Janeiro | ||||
Oppervlakte | 43 696,054 vk km | ||||
Bevolking - Totaal - Digtheid |
16 635 996 (2016) 380 inw./vk km | ||||
Goewerneur | Sérgio Cabral Filho (PMDB) (sedert 1 Januarie 1 2007) Visegoewerneur: Luís Fernando de Sousa (PMDB) | ||||
Demoniem | Fluminense | ||||
MOI (2000) | 0,807 – hoog | ||||
Tydsone | UTC-3 | ||||
ISO 3166-2 | BR-RJ |
Rio de Janeiro [ˈʁi.u dʒi ʒɐˈnejɾu] (amptelike afkorting: RJ) is een van die 26 deelstate van Brasilië, met 'n oppervlakte van 43 910 vierkante kilometer en 'n bevolking van sowat 16,6 miljoen (in 2016). Dit bestaan uit 'n kusvlakte, die sentrale Serra do Mar-platorand en die vrugbare Paraíbarivier-stroomgebied in die weste. Daar word koffie, suiker en vrugte verbou. Die tekstiel-, sement- en staalnywerheid vorm saam met die suikersuiwering en olieontginning die ekonomiese basis van die deelstaat.
Rio de Janeiro maak deel uit van Brasilië se Suidoostelike Streek en grens in die noorde en noordweste aan die deelstaat Minas Gerais, aan Espíritu Santo in die noordooste, aan São Paulo in die suidweste en in die ooste en suide aan die Atlantiese Oseaan.
Rio de Janeiro, die hoofstad, het in 1763 Salvador da Bahia as die hoofstad van die Portugese kolonie vervang en het sedert 1806 as die hoofstad van die Verenigde Koninkryk van Brasilië, Portugal en Algarve gedien. In die tydperk tussen 1822 en 1960 was Rio die hoofstad van die onafhanklike Brasilië.
In die nasionale vlag van Brasilië word Rio de Janeiro deur die Beta-ster (Beta Crucis of Mimosa) in die sterrebeeld Suiderkruis versinnebeeld.